Sinner vat sy eerste Indian Wells-titel

Loading player...
Die wêreldnommer twee Jannik Sinner het sy eerste Indian Wells-titel verower. Hy is nou, naas Novak Djokovic en Roger Federer, slegs die derde man in die geskiedenis om al ses Meesters 1000-hardebaantrofeë in te palm. Die Italianer het die Rus Daniil Medvedev verslaan. In die vroue-afdeling het die wêreldnommer een, Aryna Sabalenka van Belarus, ook haar eerste Indian Wells-titel ingepalm nadat sy Elena Rybakina van Kazakstan gewen het. Sinner sê hy is bly om sy eerste titel van die jaar te wen:
16 Mar 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

N$4 miljard vir lae-koolstof industriële ontwikkeling

Namibië posisioneer homself om die oorgang na lae-koolstof industriële ontwikkeling te versnel, na toegang tot 4 miljard Namibiese dollar in konsessie-klimaatfinansiering onder die Klimaatbeleggingsfonds se Industriële Dekarboniseringsprogram verkry is. Alex Larionov van die Internasionale Finansieringskorporasie sê die voorgestelde beleggings onder die program sal na verwagting fokus op mineraalveredeling, lae-koolstof vervaardiging,…
16 Mar 3AM 1 min

Pogings aan die gang om Showmax terug te bring

Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê gesprekke is aan die gang om die stroomplatform Showmax te laat herleef. McKenzie het by die Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings gesê die platform het verliese van sowat 4,9 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2025-boekjaar aangeteken, teenoor 2,6 miljard rand die…
16 Mar 3AM 1 min

Eskom behoort voorsiening te staak - minister

Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê Eskom moet beslissend optree wanneer munisipaliteite versuim om elektrisiteitskuld te betaal. Eskom het onlangs gewaarsku dat hulle die grootmaatvoorsiening kan afsny na 14 munisipaliteite wat meer as 100 miljard Suid-Afrikaanse rand skuld. Dit sluit Ekurhuleni in, wat 1,7 miljard rand van sy skuld…
16 Mar 2AM 1 min

Iran ontken dat hy skietstilstand, onderhandelinge gevra het

Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, het bewerings ontken dat Teheran vir onderhandeling of 'n wapenstilstand met die VSA gevra het. Dit volg nadat president Donald Trump gesê het Iran wou 'n ooreenkoms hê, maar hy was nie bereid om daartoe in te stem nie omdat die voorwaardes…
16 Mar 2AM 1 min

Onderwys verduidelik reëls rondom ‘side hustles’

Die onderwysdirekteur van die Omusati-streek, Paulus Kashimbi, het onderwysers in die streek beveel om alle inkomstegenererende aktiwiteite buite hul voltydse werk met onmiddellike effek te staak. Kashimbi sê die onderwysdirektoraat in die streek het met kommer kennis geneem van 'n toenemende aantal personeellede wat sonder magtiging by private sakeondernemings betrokke…
16 Mar 1AM 1 min