
Laer inflasie sal groet as olieprys hoog bly
Loading player...
Namibië se inflasiekoers het tot die laagste vlak in meer as vyf jaar gedaal, maar ekonome waarsku dat die verligting van korte duur kan wees. Die jaarlikse inflasie het in Februarie tot 2,4 persent verlangsaam, hoofsaaklik danksy laer voedsel- en brandstofpryse. Stygende wêreldwye spanning en die moontlikheid van hoër oliepryse kan egter binnekort koste weer opstoot. Simonis Storm ekonoom Almandro Jansen het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê duurder olie in die komende maande deur vervoer-, logistiek- en voedselpryse kan rimpel.

