
Hardap-akwakultuursentrum 'n 'oogseer', sê minister
Loading player...
Die uitvoerende direkteur van die visseryeministerie,Teofilus Nghitila, het die ministerie se senior bestuur beopdrag om die vervalle akwakultuursentrum by Hardap op te knap. Nghitila, wat die sentrum die naweek besoek het, sê dit verteenwoordig ’n belangrike regeringsbelegging wat tot volle bedryfskapasiteit herstel moet word. Die sentrum word deur die ministerie bestuur om akwakultuurproduksie te ondersteun, voorligtingsdienste te lewer en binnelandse visserybestuur te bevorder. Die sentrum teel varswatervis, met ’n spesifieke fokus op die produksie van tilapia-vissies wat teen gesubsidieerde pryse aan kleinskaalse visboere verskaf word.

