Vrystelling van minimloon-betaling skep gevaar, sê kenner

Loading player...
Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku teen sommige werkgewers se vrystelling van die minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat deur die lynministerie voorgestel is. Dit kom na 'n verklaring deur die ministerie dat die wet werkgewers wat finansiële of operasionele probleme ondervind, toelaat om aansoek te doen vir toestemming om werkers onder die minimum drempel te betaal. In gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Jauch dat sulke bepalings die deur kan oopmaak vir opportunistiese werkgewers om die stelsel uit te buit.
12 Mar 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Streeksregerings misluk, daarom die migrasie-krisis in SA

Die Forum for South Africa sê die voortdurende migrasiekrisis in Suid-Afrika, is nie toevallig nie, maar die regstreekse gevolg van mislukte leierskap oor dele van die vasteland. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê regerings in lande soos Zimbabwe, Malawi en ander het te lank hul eie mense in die steek…
21 Jun 1AM 1 min

Cran waarsku oor FortiBleed kubervoorval, 13 maatskappye geraak

Cran se Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, waarsku oor 'n wêreldwye kuberveiligheidsvoorval bekend as FortiBleed. Dit is 'n beduidende internasionale kuberveiligheidsvoorval wat organisasies raak wat Fortinet-firwalls en VPN-infrastruktuur gebruik. NAM-CSIRT het 13 Namibiese organisasies geïdentifiseer wie se stelsels moontlik deur die blootstelling geraak is. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano.
21 Jun 12AM 1 min

Cyril sê net hy kan ministers aanstel

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê Suid-Afrika se Grondwet laat slegs die President toe om ministers in sy kabinet aan te stel. Ramaphosa het kommentaar gelewer nadat die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, aan hom geskryf en versoek het dat John Steenhuisen as minister van Landbou verwyder en deur Willem…
21 Jun 12AM 1 min

Die nuus om 13:00

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.
20 Jun 6AM 2 min

Motoriste nie gekant teen veiligheid van voetgangers nie, sê Amushelelo

‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
20 Jun 6AM 1 min