SA se onteieningswet in lyn met internasionale bleggingspraktyke

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê hoewel Suid-Afrika se beleid spesifieke kenmerke het om geskiedkundige ongeregtigheid teen te werk, is dit in ooreenstemming met internasionale beleggingspraktyke. Die die Amerikaanse president, Donald Trump, het die regering versoek om onder meer die Onteieningswet en die beleid vir swart ekonomiese bemagtiging, te heroorweeg. Lamola sê die Onteieningswet is nie bedoel om eiendomsregte te ondermyn nie:
12 Mar 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 10AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 10AM 1 min

Vrystelling van minimloon-betaling skep gevaar, sê kenner

Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku teen sommige werkgewers se vrystelling van die minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat deur die lynministerie voorgestel is. Dit kom na 'n verklaring deur die ministerie dat die wet werkgewers wat finansiële of operasionele probleme ondervind, toelaat om aansoek te doen vir toestemming om…
12 Mar 10AM 1 min

Namibië geloof vir pogings teen jeugwerkloosheid

Namibië het lof van die Afrika-eweknie-oorsigmeganisme ontvang vir sy pogings om jeugwerkloosheid aan te pak. Dit is in terme van 'n geteikende oorsigverslag wat in 2017 opgestel is en hervormings in onderwys, tegniese opleiding, jeugbefondsing en waardetoevoeging in landbou aanbeveel. Die regering sê vordering sluit in die stig van 'n…
12 Mar 10AM 1 min

SA lugrederye verhoog kaartjiepryse oor duur brandstof

Suid-Afrikaanse lugrederye het kaartjiepryse verhoog nadat stralerbrandstofkoste, wat deur die konflik in Iran gedryf word, met 70-persent gestyg het. FlySafair het 'n tydelike brandstofheffing ingestel vir vlugte wat tussen vandag en 12 Mei bespreek word, terwyl Airlink tariewe aangepas het sonder om 'n heffing op bestaande kaartjies te voeg. Kirby…
12 Mar 10AM 1 min