
VN Veiligheidsraad aanvaar resolusie wat sê Iran moet Golf-aanvalle staak
Loading player...
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het eenparig ’n resolusie aanvaar om ’n einde te maak aan Iran se aanvalle op sy buurlande in die Golf. Dit veroordeel Iran se onlangse missiel- en hommeltuigaanvalle op Bahrein, Koeweit, Oman, Katar, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Jordanië. Bahrein se VN-ambassadeur, Jamal Alrowaiei, sê die internasionale gemeenskap verwerp Iran se aanvalle op soewereine lande in ’n streek van strategiese belang vir die wêreldekonomie:

