
Waar's die plan met die Angolese kinders?
Loading player...
Nadat ten minste 379 buitelandse burgers Namibië vrywillig verlaat het onder die regering se immigrasie-amnestieprogram verlede maand, spreek die parlement kommer uit oor die hoë aantal Angolese kinders wat nog steeds in Windhoek se strate houtprodukte verkoop. Die IPC se skadu-binnelandse sake-minister, Vilho Ihemba, het tydens 'n NV-sitting gevra waarom die lynministerie geen volhoubare plan het om die probleem te hanteer nie.

