SA se Januarie-inflasie daal effe

Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Januarie tot 3,5-persent verlangsaam vanaf 3,6-persent in Desember, danksy laer brandstofpryse en bestendige voedselkoste. Pryse van rys, mieliemeel, suiwel en eiers het gedaal, maar vleispryse hou aan styg. Brandstof het tot op sy laagste vlak in byna vier jaar gedaal. Ricado Johnson van Statistieke SA sê bankfooie en sekere skooluniform-items het gestyg, maar skryfbehoeftes en handboekpryse het gedurende die maand gedaal:
18 Feb 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Plaaslike konsultant teken internasionale kontrak vir ontwikkeling

Die plaaslike konsultasiefirma, R&J Steytler Consultants, en die Britse firma The Strategic Economy, het 'n ooreenkoms onderteken wat daarop gemik is om belegging, ekonomiese ontwikkeling en oorgrens-samewerking te bevorder. Oliver Scheidt, stigter van The Strategic Economy, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat samewerkingsareas infrastruktuur, energie, handel en ontwikkelingsfinansiering insluit.
23 Jun 6AM 1 min

Jong kiesers maak 80% van nuwe registrasies uit

Die Verkiesingskommissie sê hy is bemoedig deur die sterk deelname van jongmense die naweek tydens kiesersregistrasie. Die kommissie sê jeugdiges tussen 16 en 29 het 'n beduidende deel van nuwe registrasies en algehele aktiwiteit uitgemaak in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die uitvoerende hoof van die kommissie,…
23 Jun 6AM 1 min

Goeie weiveld, houtskoolproduksie en die brandseisoen

Verlede jaar is 1 300 veldbrande deur die omgewingministerie aangeteken, wat na raming 1,2 miljoen hektaar veld verwoes het. Die meeste veldbrande het in die Omusati, Oshikoto en Oshana-streke voorgekom. Die adjunkdirekteur van bosbestuur, Amon Andreas, sê sterker reaksiemaatreëls is nodig en die ministerie is met ‘n opname in dié…
23 Jun 6AM 1 min

Daling in brandstofprys vir Julie verwag

Volgende week hierdie tyd behoort motoriste 'n duideliker aanduiding te hê van hoe brandstofpryse in Julie sal lyk. Met wêreldwye oliepryse wat aansienlik gedaal het en die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar wat beter vertoon, groei die verwagting dat verligting by die pompe op pad kan wees. Simonis Storm se…
23 Jun 6AM 1 min