VF Plus verwerp Graaff-Reinet se naamsverandering

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus verwerp Graaff-Reinet in die Oos-Kaap se naamsverandering na Robert Sobukwe Town, en sê dit vee Afrikanergeskiedenis uit. Die party se leier, Corné Mulder, voer aan dit toon regeringsonbevoegdheid aangesien basiese dienste in die gemeenskap ontbreek. Mulder sê Graaff-Reinet, bekend as die Juweel van die Karoo, se kulturele en geskiedkundige betekenis strek verder as Afrikanergemeenskappe. Hy versoek inwoners en die breër Oos-Kaap om die voorstel te verwerp:
10 Feb 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Diabetes, selfdood hou noodspanne besig

Copps 94.1, in samewerking met die Namibiese polisie, het Vrydagaand gehelp om die lewens van twee mense in Windhoek te red: Die eerste ‘n man wat in ‘n diabetiese koma was en die tweede ‘n jong vrou diep in Katutura wat probeer het om selfdood te pleeg. Kosmos 94.1 se…
13 Mar 11PM 1 min

FNB Namibië ATM's vat ook nou nuwe banknote

Nadat die Bank van Namibië hulle nuwe note in September 2025 in sirkulasie geplaas het, het banke hul sisteme en outomatiese tellermasjiene begin opgradeer om die note te akkommodeer. FNB Namibië, die bank met die grootste distribusie-netwerk, het aangekondig dat sy ATM's landwyd nou die nuwe note aanvaar. Kosmos 94.1…
13 Mar 11AM 1 min

Twee nuwelinge in Springboksewes-vrouespan

Rugby: Twee nuwelinge, Maceala Samboya en Shanidiné Bezuidenhout, is ingesluit in die groep van 14 Springboksewes-vrouespelers wat Sondag vertrek vir die laaste internasionale sewestoernooie in Uruguay en Brasilië. Afrigter Cecil Afrika het ook die ervare Catha Jacobs betrek. Die toernooie vind volgende naweek in Montevideo plaas en 'n week later…
13 Mar 11AM 1 min

Regering 'sal meer fondse gee om filmbedryf te versterk'

Die inligtingministerie het aangekondig dat die nasionale begroting vir 2026/27 'n kunstefonds van 50 miljoen Namibiese dollar sal insluit om die kreatiewe bedryf te ondersteun. Minister Emma Theofelus het by die opening van die 2026 Filmweek die regering se verbintenis herbevestig om die filmbedryf deur verhoogte befondsing te versterk, met…
13 Mar 10AM 1 min