Renosters ál groter teiken in Krugerwildtuin

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke is bekommerd oor toenemende renosterstropery in die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Woordvoerder Rey Thakhuli sê veldwagters het verlede Donderdag op vermeende stropers in die Malelane-deel van die park afgekom. Geen arrestasies is gemaak nie, maar 'n hoëkaliber vuurwapen en sakke is op die toneel gevind. Hy sê een verdagte is Vrydag in die Stolznek-deel van die park doodgeskiet tydens 'n konfrontasie met veldwagters:
8 Feb 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bank Windhoek Triënnale open op 6 Augustus

Inskrywings vir die Bank Windhoek Triënnale het einde Mei gesluit, wat vir die eerste keer 'n tema het, getitel “Namibiese identiteit: die lyne van 'n land se kontoere en rykdom”. Die uitstalling open op 6 Augustus. Die hoofkurator van die Nasionale Kunsgalery van Namibië, Ndeenda Shivute-Nakapunda, sê dat die pryse…
24 Jun 6AM 1 min

Gevare van spoedbrekers bring verantwoordbaarheid na vore

'n Video doen die rondtes op sosiale media waar 'n ambulans op die B1 Westelike Verbypad die spoedbrekers vermy en op die eiland tussen die twee paaie ry. Dit het weer diskoers aangevuur oor die potensiaal van lewens wat verloor kan word weens die hobbels. Regter Gabriel Komboni sal op…
24 Jun 6AM 1 min

Kenner sê groener oplossings vir datasentrums word ontwikkel

Die VN sekretaris-generaal, António Guterres het groot kunsmatige intelligensie-maatskappye aangesê om die volle omgewingskoste van hul datasentrums te openbaar en hernubare energie te gebruik. Teen 2030 kan hulle meer krag gebruik as alle lande behalwe vyf, en genoeg water om in die basiese behoeftes van al 1,3 miljard inwoners van…
24 Jun 6AM 1 min

Rise sê GNU moet beter bestee en minder vermors

Rise Mzansi sê die regering het minder prioriteite en meer privaat belegging nodig om sukkelende openbare dienste te herstel. Tydens die debat oor die Begrotingswetsontwerp in die Parlement het die partyleier, Songezo Zibi gesê baie regeringsdienste, insluitend hospitale, skole, die weermag en polisie, verkeer onder ernstige druk weens onderbefondsing, ondoeltreffendheid…
24 Jun 5AM 1 min