SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana

Loading player...
Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te stuit. Die premier sê 700 000 dosisse van die bek-en-klouseer-entstof word teen die einde van die maand van die Botswana-Entstofinstituut verwag.
7 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA, Eswatini teken ooreenkoms oor Komati

Suid-Afrika se minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, en haar Eswatini ampsgenoot, prins Lonkhokhela Dlamini, het 'n hersiene verdrag oor die ontwikkeling en gebruik van waterbronne in die Komati-rivierkom onderteken. Majodina het gesê die verdrag, wat die eerste keer in 1992 onderteken is, is nog nooit hersien nie, aangesien…
14 Mar 6AM 1 min

AfriForum dreig Eskom met hof

AfriForum dreig met regstappe teen Eskom indien die nutsmaatskappy voortgaan om elektrisiteit na dorpe af te sny weens munisipale skuld. Die organisasie sê Eskom se kennisgewings aan 14 munisipaliteite is wetlik gebrekkig en kan inwoners, veral bejaardes en hospitale, benadeel indien 'n voorafbetaalde stelsel gebruik word. Deidré Steffens van AfriForum…
14 Mar 5AM 1 min

Amutse: 'Namibiërs moet baat by hulpbronrykdom'

Myneminister Modestus Amutse sê Namibiërs kan nie in armoede gedompel wees terwyl die land se minerale hulpbronne in die hande van buitelanders is nie. Amutse het Vrydag met die gemeenskap op Uis vergader om kwessies rakende onwettige mynbedrywighede by Xingfeng te bespreek. Plaaslike waardetoevoeging is van die uiterste belang, het…
14 Mar 4AM 1 min

Motorsport: Langbaankampioenskap spring weg op Tony Rust

Die eerste been van die Nasionale Langbaankampioenskap begin vanoggend op die Tony Rust-baan buite Windhoek. Nege inskrywings is ontvang, met nuwe en ou bekende name wat sake gaan uitspook. Francois Lottering van Kosmos 94.1 het meer:
14 Mar 3AM 1 min

Oortappingsdiens soek jóú bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied hierdie naweek verskeie skenkingsklinieke aan, insluitend 'n spesiale geleentheid vandag in Windhoek. Die veldtog, met die tema #FreedomFlowsThroughUs, is daarop gemik om meer as 50 skenkings in te samel voor die komende Onafhanklikheidsdagvieringe. Die diens se opleidingsbeampte, Frieda Vatileni-Asino:
14 Mar 2AM 1 min