Komende Filmweek weerspieël groei in plaaslike filmbedryf

Loading player...
Die Namibiese Filmkommissie het 656 aansoeke van reg oor Afrika gekry vir sy jaarlikse Filmweek, waarvan 119 films gekies is om vertoon te word. Die Filmweek sal van 12 tot 16 Maart in Windhoek plaasvind en die publiek word hartlik uitgenooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die kommissie, Nicola Muranda gepraat.
6 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SANW omseil parlementêre toesig - DA

Die DA sê hy maak beswaar teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se voortgesette omseiling van parlementêre toesig deur nie betyds verslag te doen en aanspreeklikheid te aanvaar vir die redes, plekke, personeel en uitgawes van drie ontplooiings nie. Die gesamentlike staande komitee oor Verdediging het gekyk na drie SANW-ontplooiings ter…
24 Jun 6AM 1 min

Keir Starmer het alles vir die beswil van die land gedoen

Die Britse minister vir slagoffers van misdaad Catherine Atkinson sê Andy Burnham is 'n uiters ervare politikus en sal 'n baie goeie eerste minister vir die Verenigde Koninkryk maak. Maar, in 'n onderhoud met Sky News sê sy dit is hartseer om sir Keir Starmer te moet groet omdat hy…
24 Jun 6AM 1 min

Bank Windhoek Triënnale open op 6 Augustus

Inskrywings vir die Bank Windhoek Triënnale het einde Mei gesluit, wat vir die eerste keer 'n tema het, getitel “Namibiese identiteit: die lyne van 'n land se kontoere en rykdom”. Die uitstalling open op 6 Augustus. Die hoofkurator van die Nasionale Kunsgalery van Namibië, Ndeenda Shivute-Nakapunda, sê dat die pryse…
24 Jun 6AM 1 min

Gevare van spoedbrekers bring verantwoordbaarheid na vore

'n Video doen die rondtes op sosiale media waar 'n ambulans op die B1 Westelike Verbypad die spoedbrekers vermy en op die eiland tussen die twee paaie ry. Dit het weer diskoers aangevuur oor die potensiaal van lewens wat verloor kan word weens die hobbels. Regter Gabriel Komboni sal op…
24 Jun 6AM 1 min