Kommer oor verkragtingsklagte teen SAPD-lede

Loading player...
Die DA het die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat skriftelik versoek vir die jongste syfers en uitgebreide inligting oor aantygings van verkragting teen beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. In 2022/23 is 122 verkragtingsake teen SAPD-beamptes aangemeld. Die volgende boekjaar was dit 110 sake, met 'n verdere 97 sake in 2024/25. Lisa Schickerling van die DA sê dit is veral kommerwekkend dat minstens 58 van die beweerde 110 verkragtings in 2023/24 gepleeg is terwyl die beamptes aan diens was:
27 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Onnodige stigma hang steeds om veltoestand vitiligo

Vandag is Wêreld Vitiligo-dag, wat wêreldwyd gevier word om bewustheid te verhoog oor vitiligo, 'n langtermyn veltoestand wat pigmentverlies veroorsaak en wit kolle op die vel tot gevolg het. Dermatoloog dr. Nitta Haitembu van die gesondheidministerie sê die toestand, wat wydverspreide aandag op die popikoon Michael Jackson gevestig het, bly…
25 Jun 10AM 1 min

FIC kry miljoene in ontduikte belasting terug

Vars na die land se verwydering van die gryslys is die Finansiële Intelligensiesentrum se 2025/2026 jaarverslag vrygestel en die direkteur, Bryan Eiseb, het by die geleentheid gesê dat 25 miljoen Namibiese dollar in dié boekjaar verbeur is weens vermoedelike finansiële misdade. Hy het aangedui dat die bekamping van geldwassery en…
25 Jun 10AM 1 min

Daar is hindernisse met Tanzanië-ooreenkomste: ekonoom

Tydens haar staatsbesoek aan Tanzanië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah vier nuwe bilaterale ooreenkomste met die land onderteken, wat verdediging, handel, kleinsake-ontwikkeling en 'n vennootskap tussen Zanzibar en Swakopmund dek. Gabriel Erastus, plaaslike ekonoom, sê dis alles goed en wel maar daar is hindernisse vir veral kleiner besighede om voordeel daaruit…
25 Jun 10AM 1 min

Ernstige kinderregte-skendings in oorloë moet stop: VN

Die Verenigde Nasies sê kinderbeskerming moet deel vorm van alle vredes-, veiligheids- en na-konflikprosesse. 'n Verslag toon soldate en regeringsmagte het verlede jaar meer ernstige skendings teen kinders gepleeg as onafhanklike gewapende groepe. Die verslag bevestig 38 558 ernstige oortredings teenoor 24 174 kinders. Die VN se spesiale verteenwoordiger vir…
25 Jun 10AM 1 min

Lughawensmaatskappy juig oor nuwe vlugte

Die lugvaartsektor het hierdie week goeie nuus gekry. Discover Airlines gaan sy München-Windhoek diens uitbrei, en die Duitse lugredery Condor keer terug na Namibië vir die eerste keer sedert 2014. Saam met Edelweiss se nuwe Zürich-Windhoek roete, is dit opwindende tye vir die land se toerisme en ekonomie. Kosmos 94.1…
25 Jun 9AM 1 min