Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

Loading player...
SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer as tydens die vloede van 2000, sê Rey Thakhuli van die wildtuin.
19 Jan Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Back up Stephan!

Stephan Potgieter word beskou as 'n plaaslike held wat altyd gereed is om ander te help en by te staan. Hy het drie dae gelede 'n hartaaval gehad en benodig nou ander se hulp. Sy vrou, Janine Marais, gesels met 100.5FM.
12 Jun 4 min

Donna hardloop Comrades vir CHOC

Donna James en haar seun het 'n paar weke gelede die Great Wall of China-marathon voltooi. Nou berei sy voor vir die Comrades, alles ten bate van die CHOC Foundation.
12 Jun 7 min