Namibië se nasionale krieketspan, die Eagles, en ‘n ontwikkelingspan, die Eagles XI, begin dié week 'n reeks van vyf wedstryde teen Uganda by die Namibiese Krieketgronde. Die aksie begin Woensdag met 'n T20-wedstryd tussen die Eagles XI en Uganda, gevolg deur 'n tweede T20-wedstryd Donderdag. Die Eagles en die besoekers…
Druk neem toe om die implementering van die Wet op Kubermisdade te bespoedig, met kenners wat waarsku dat sterk digitale wette noodsaaklik is om buitelandse beleggings te beskerm. Tanya Hopker van Meinert Cyber Security het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat internasionaal erkende raamwerke soos Europa se GDPR wys hoe…
Namibië en Rusland het die drie-dae sitting van die Inter-regering Kommissie oor Handel en Ekonomiese Samewerking vandag in Windhoek afgesluit. Dit het gefokus op die versterking van bilaterale samewerking in sleutelsektore, insluitend onder meer mynbou, onderwys, gesondheid, vervoer, handel en belegging en landbou. Die Russiese adjunk-eerste minister, Yury Trutnev, het…
Namibië ondersoek lesse van Ethiopian Airlines terwyl die regering voortgaan met planne om 'n nuwe nasionale lugredery te stig. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê die land wil die operasionele model van die lugredery bestudeer, wat gegroei het tot die grootste op die vasteland. Lugvaartkenner dr. Guy Leitch sê egter dat die…
Oekraïnse president Volodymyr Zelensky sê intelligensie toon Rusland help Iran om Amerikaanse bates in die Midde-Ooste te teiken deur Shahed-hommeltuie te voorsien. Die Shahed-hommeltuig is oorspronklik deur Teharan ontwikkel, maar Moskou vervaardig nou sy eie weergawes en gebruik dit in sy oorlog teen Kiëf. Zelensky het aan CNN gesê Rusland…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.