ReconAfrica maak reg vir produksietoets op Kavango Wes 1X-put

Loading player...
ReconAfrica beplan om hulle eerste produksietoets op die Kavango Wes 1X-put in noordoostelike Namibië uit te voer. Verder werk hulle aan die verkryging van die toerusting wat nodig is vir die toets, wat na verwagting teen die einde van die eerste kwartaal van 2026 gedoen sal word. Tydens 'n podsending onderhoud met Smithweakly Research het die uitvoerende hoof van ReconAfrica, Brian Reinsborough 'n opdatering gegee.
7 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek loods formaliseringsplan

Stad Windhoek implementeer 'n grootskaalse beplannings- en formaliseringsproses wat daarop gemik is om die tekort aan gedienste grond aan te spreek, in reaksie op die vinnige groei van informele nedersettings. Munisipale woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die inisiatief verskeie onderverdelings behels met 'n opbrengs van…
17 Mar 3AM 1 min

VSA is mag-mal - Iran

Die Pentagon het duisende soldate ontplooi na die Midde-Ooste en president Donald Trump dreig reeds ‘n geruime tyd om troepe op die grond te plaas. Iran se adjunk-buitelandse minister Saeed Khatibzadeh het in ‘n onderhoud met SkyNews gesê Amerika is mag-mal.
17 Mar 3AM 1 min

Klimaatbeleggingsfonds opgewonde oor groenwaterstof

Die Namibië Groenwaterstofprogram het 'n belangrike werkswinkel in Windhoek aangebied om die land se industriële dekarbonisering en groen energiedoelwitte te bevorder. Na die sluiting van projekvoorstelle in Februarie, het meer as 100 aansoekers met belangrike globale finansiële instellings vergader, insluitend die Wêreldbank en die Afrika-ontwikkelingsbank om toegang tot 250 miljoen…
17 Mar 3AM 1 min

AfriForum stoei steeds teen mynlisensie by Krugerwildtuin

AfriForum, plaaslike inwoners en belanghebbendes het 'n nuwe aansoek verwerp om 'n steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin te ontwikkel. Die Tenbosch Mining-Manzolwandle Investments ondergrondse myn teiken 'n gebied van 18 000 hektaar, wat verwerkingsfasiliteite, voorraadophopings- en waterbehandelingsinfrastruktuur sal insluit. Lambert de Klerk van AfriForum waarsku teen onherroeplike…
17 Mar 3AM 1 min