Buitelander vas na 10 half naakte seuns in Mulbarton gevind is

Loading player...
ʼn Sewe-en-veertigjarige buitelandse burger is in Mulbarton weens beweerde mensehandel gearresteer nadat tien half naakte seuns in Johannesburg se middestad gered is. Die privaat veiligheidsmaatskappy Fox, Johannesburg se metropolisie en lede van die SAPD het gereageer op ʼn wenk dat ʼn groep seuns kaal in Mulbarton rondloop. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die verdagte sal môre in die Booysens-landdroshof verskyn:
7 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stad Windhoek loods formaliseringsplan

Stad Windhoek implementeer 'n grootskaalse beplannings- en formaliseringsproses wat daarop gemik is om die tekort aan gedienste grond aan te spreek, in reaksie op die vinnige groei van informele nedersettings. Munisipale woordvoerder Lydia Amutenya het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die inisiatief verskeie onderverdelings behels met 'n opbrengs van…
17 Mar 3AM 1 min

VSA is mag-mal - Iran

Die Pentagon het duisende soldate ontplooi na die Midde-Ooste en president Donald Trump dreig reeds ‘n geruime tyd om troepe op die grond te plaas. Iran se adjunk-buitelandse minister Saeed Khatibzadeh het in ‘n onderhoud met SkyNews gesê Amerika is mag-mal.
17 Mar 3AM 1 min

Klimaatbeleggingsfonds opgewonde oor groenwaterstof

Die Namibië Groenwaterstofprogram het 'n belangrike werkswinkel in Windhoek aangebied om die land se industriële dekarbonisering en groen energiedoelwitte te bevorder. Na die sluiting van projekvoorstelle in Februarie, het meer as 100 aansoekers met belangrike globale finansiële instellings vergader, insluitend die Wêreldbank en die Afrika-ontwikkelingsbank om toegang tot 250 miljoen…
17 Mar 3AM 1 min

AfriForum stoei steeds teen mynlisensie by Krugerwildtuin

AfriForum, plaaslike inwoners en belanghebbendes het 'n nuwe aansoek verwerp om 'n steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin te ontwikkel. Die Tenbosch Mining-Manzolwandle Investments ondergrondse myn teiken 'n gebied van 18 000 hektaar, wat verwerkingsfasiliteite, voorraadophopings- en waterbehandelingsinfrastruktuur sal insluit. Lambert de Klerk van AfriForum waarsku teen onherroeplike…
17 Mar 3AM 1 min