SA se rooivleissektor kry ISO-9001 akkreditering

Loading player...
Suid-Afrika gebruik 'n mengsel van streng nasionale wette en internasionaal erkende raamwerke van die Internasionale Organisasie vir Standardisasie, of ISO, om veiligheid en gehalte in sy rooivleissektor te verseker. Dr. Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie, gesels oor die ISO-9001 akkreditasie wat hulle in 2025 gekry het, asook die organisasie se nuut-geregistreerde gehaltebestuurstelsel.
7 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu sê Eskom se 9% verhoging is onaanvaarbaar

Die vakverbond Cosatu sê hy is bekommerd oor die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om van 1 Julie 2026 ʼn verhoging van 9,01-persent in elektrisiteitstariewe goed te keur. Dit is in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wat munisipaliteite toelaat om tariewe aan die begin hulle boekjaar…
17 Mar 6AM 1 min

Tradisionele media sukkel op twee fronte

Tradisionele media sukkel in die digitale era... dink bietjie... wanneer laas het jy ‘n koerant gekoop? Senior kommunikasie-dosent by Nust dr. Phillip Santos en navorser Frederico Links het 'n studie gedoen oor persvryheid en eksistensiële bedreigings wat die tradisionele media tans ondervind. Onder die bedreigings is krimpende inkomste. Kosmos 94.1…
17 Mar 6AM 1 min

Meatco gesels oor vergadering met LPO

Die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco het verlede week in Windhoek vergader om die toekoms van die veesektor te bespreek, met die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting as 'n sentrale tema. Meatco se leierskap het die belangrikheid van die versterking van deursigtigheid beklemtoon, die verbetering van belyning tussen produsente en…
17 Mar 6AM 1 min

Onafhanklikheid: Erongo is gereed

Landwye mobilisering is aan die gang soos Namibië voorberei vir Onafhanklikheidsdag-vieringe hierdie Saterdag. Onder die tema “Verder as 35 vir 'n Voorspoedige Toekoms” het die regering die feestelikhede gedesentraliseer en 250 000 Namibiese dollar aan elke streekgoewerneurskantoor toegeken om plaaslike geleenthede te koördineer. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter…
17 Mar 6AM 1 min

Cran sê oor kuberaanval by NAC

Cran se Namibiese Kuberveiligheid Voorvalreaksiespan, bekend as Nam-Csirt, bevestig die kuberveiligheidsvoorval wat die netwerkinfrastruktuur en -stelsels betref wat aan die Namibiese Lughawensmaatskappy behoort. Woordvoerder Mufaro Nesongano sê hulle werk nou saam met die maatskappy om die situasie te beheer.
17 Mar 4AM 1 min