Die Parlementêre Vrouekoukus se nuwe leierskap is die afgelope naweek verkies, met Swapo wat met ses lede oorheers. Die PDM, IPC en LPM het elk een lid in die koukus. Die raad is getaak om pogings te koördineer om te verseker dat wette geslagsensitief is en die spesifieke behoeftes van…
Die vakverbond Cosatu sê hy is bekommerd oor die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika se besluit om van 1 Julie 2026 ʼn verhoging van 9,01-persent in elektrisiteitstariewe goed te keur. Dit is in ooreenstemming met die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wat munisipaliteite toelaat om tariewe aan die begin hulle boekjaar…
Tradisionele media sukkel in die digitale era... dink bietjie... wanneer laas het jy ‘n koerant gekoop? Senior kommunikasie-dosent by Nust dr. Phillip Santos en navorser Frederico Links het 'n studie gedoen oor persvryheid en eksistensiële bedreigings wat die tradisionele media tans ondervind. Onder die bedreigings is krimpende inkomste. Kosmos 94.1…
Die Lewendehaweprodusente-organisasie en Meatco het verlede week in Windhoek vergader om die toekoms van die veesektor te bespreek, met die heropbou van vertroue reg oor die beesvleiswaardeketting as 'n sentrale tema. Meatco se leierskap het die belangrikheid van die versterking van deursigtigheid beklemtoon, die verbetering van belyning tussen produsente en…
Landwye mobilisering is aan die gang soos Namibië voorberei vir Onafhanklikheidsdag-vieringe hierdie Saterdag. Onder die tema “Verder as 35 vir 'n Voorspoedige Toekoms” het die regering die feestelikhede gedesentraliseer en 250 000 Namibiese dollar aan elke streekgoewerneurskantoor toegeken om plaaslike geleenthede te koördineer. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.