
Saak teen vermeende skieter van DJ Warras uitgestel
Loading player...
Die Johannesburgse landdroshof het die saak teen Warrick "DJ Warras" Stock se vermeende moordenaar, Victor Majola, tot volgende Dinsdag uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek. Stock is op Versoeningsdag voor die Zambezi-gebou in die stad vermoor. Die 44-jarige Majola staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en sameswering om moord te pleeg. Stock se suster, Nicole, sê die gesin vra gebede en ondersteuning:

