
Venezolaanse aanval was 'briljant' - Trump
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het Dinsdag vir die eerste keer in 'n toespraak oor Amerika se operasie in Venezuela gepraat, nadat hy van sy Kersfees-vakansie in Mar-A-Lago, Florida, na Washington teruggekeer het. Hy het by 'n Republikeinse saamtrek gesê dit was iets briljants en dat niemand in die aanval dood is nie, behalwe Kubaanse soldate. Venezolaanse media berig dat 57 mense, insluitend twee burgerlike vroue en 32 Kubane, gesterf het en sewe dae se rou is aangekondig. Luister na Trump.

