Cyril veroordeel VSA se optrede in Venezuela

Loading player...
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, het die Amerikaanse optrede in Venezuela veroordeel en sê dit ondermyn die land se soewereiniteit en die integriteit van sy grondgebied. Ramaphosa het tydens die 31ste jaarlikse herdenking van die vryheidsvegter, Joe Slovo, in Soweto, Johannesburg, gevra vir die onmiddellike vrylating van president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores in New York, en versoek beslissende optrede deur die VN-Veiligheidsraad ten einde internasionale reg te handhaaf:
6 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minneapolis burgemeester sê ICE moet tsek

Die herrie is los na immigrasie-agente ‘n 37-jarige vrou in Minneapolis in Minnesota doodgeskiet het. Owerhede sê sy het met haar voertuig op die ICE-agente afgepeil maar beeldmateriaal van die voorval toon dat sy probeer wegkom het. Die stad se burgemeester Jacob Frey het uiters passievol na die voorval met…
8 Jan 2AM 1 min

Broos praat oor Afcon teleurstelling

Die afrigter van Bafana Bafana, Hugo Broos, erken dat hy teleurgesteld is na die span se uitskakeling in die rondte van 16 by die Afrikabekertoernooi in Marokko. Bafana het met 2-1 teen die vyfmalige kampioene, Kameroen, verloor. Broos het met die span se aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe gesê…
8 Jan 2AM 1 min

Etunda se mango-oes kom in

Die Etunda besproeiingprojek in die Omusati-streek is tans midde-in sy mango-oesseisoen, wat in November verlede jaar begin het en na verwagting in Februarie sal eindig. Die projek verwag om vanjaar ongeveer 70 ton vars mango's te oes, wat dit beplan om plaaslik te verkoop. Die mango-boord bestaan uit sowat 7…
8 Jan 1AM 1 min

Kaapse Forum sê rassisme het rol in Mothibi se aanstelling gespeel

Die Kaapse Forum vermoed rassisme het 'n rol gespeel in die aanstelling van die nuwe Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi. Die burgerregtegroep sê Mothibi, wat nie op die amptelike kortlys was nie, is gekies bo ses kortlyskandidate, insluitend Hermione Cronjé, en spreek kommer uit oor die rassesamestelling van…
8 Jan 1AM 1 min

Noem verdedig ICE-skietery van burgerlike

Amerika se minister van Binnelandse Veiligheid, Kristi Noem, het die optrede van ʼn ICE-agent verdedig wat ʼn 37-jarige vrou in Minneapolis doodgeskiet het. Sy sê dodelike geweld is wettig wanneer ʼn wapen iemand bedreig. Owerhede sê die skietvoorval het plaasgevind toe ʼn gewelddadige betoger probeer het om ʼn immigrasiebeampte om…
8 Jan 12AM 1 min