Capricorn Eagles reg vir Nepal, sê afrigter

Loading player...
Francois van der Merwe, die afrigter van die Capricorn Eagles, sê sy span is gereed vir die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder vir vroue. Die kwalifiseringswedstryde is geskeduleer vir 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal. Van der Merwe het vanoggend met die media gepraat voor die span se vertrek na Indië vir vier wedstryde teen Assam ter voorbereiding.
6 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reën sal kom maar nie so swaar soos in oostelike Suid-Afrika nie

Terwyl uiters swaar neerslae vir die oostelike dele van Suider-Afrika in die komende dae verwag word, sal Namibië ook reë oor die naweek ontvang maar nie in die volumes wat in oostelike Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe verwag word nie. Plaaslike weerkenner George van der Merwe.
8 Jan 5AM 1 min

Landbou vra vir grondwaardasie-stelsel

Die landbouministerie het 'n beroep gedoen op gekwalifiseerde Namibiese maatskappye om hul belangstelling uit te spreek in die ontwikkeling van 'n kommersiële stelsel vir die gradering, waardasie en belasting van landbougrond. Die voorgestelde stelsel is bedoel om grondhervormingspogings te ondersteun en grondbelastingadministrasie te verbeter en sal 'n rekenaargesteunde massa-waardasiestelsel en…
8 Jan 5AM 1 min

Farm 37 nog nie gediens nie, ministerie vertraag proses

Die diens van grond by Farm 37 buite Walvisbaai is steeds nog nie voltooi nie, omdat die Backyard Tenants-groep steeds wag op goedkeuring van die lynministerie. Die stedelike ontwikkelingsministerie het 75 miljoen Namibiese dollar aan die Walvisbaai-munisipaliteit toegeken vir die ontwikkeling van Farm 37, waar die Backyard Tenants porsie 19…
8 Jan 5AM 1 min

Kommer oor Kaapstad se waterbronne, damme 19% laer as 2025

Kaapstad se Direktoraat vir Water en Sanitasie waarsku alle inwoners, sakeondernemings en besoekers om onmiddellik minder water te gebruik. Waterverbruik het die afgelope warm dae skerp toegeneem en damvlakke het gevolglik gedaal tot 19-persent laer as dieselfde tydperk verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê indien…
8 Jan 3AM 1 min

Brittanje het VSA bygestaan met beslaglegging van Marinera

Die Britse minister van Verdediging, John Healey, sê die Verenigde Koninkryk het Amerika gehelp om ʼn olietenkskip wat onder die Russiese vlag vaar, te onderskep om skadu-skeepsaktiwiteit en diegene wat sanksies ontduik, te beveg. Amerikaanse magte het gister in die Noord-Atlantiese Oseaan aan boord van die Marinera gegaan. Healey sê…
8 Jan 3AM 1 min