Suid-Afrika bied 14 weke van ITF Wêreld Tennistoer-geleenthede in 2026 aan

Loading player...
Suid-Afrika sal in 2026 14 weke van die Internasionale Tennisfederasie se Wêreld Tennistoer-toernooie aanbied. Dit bestaan uit sewe vroue- en sewe manstoernooie deur die land. Die eerste Mbombela Ope Wêreldreeks begin in April. TSA sê die uitgebreide kalender bied aan Suid-Afrikaanse spelers die geleentheid om tuis deel te neem, waardevolle punteleer punte te verdien en noodsaaklike internasionale ondervinding op te doen. Sabelo Mathebula is die toernooi direkteur van die Mbombela Ope en Zakhele Nkosi die operasionele bestuurder.
19 Dec 2025 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Oktober is Downsindroommaand

Oktober is Downsindroommaand. Annien van Tonder van Club 21 vertel wat jy kan doen om meer ondersteunend en inklusief te wees.
28 Oct 6 min

Onderversekering: Herbou van huis kan meer kos as wat jy dink

'n Huis kan op papier lyk asof dit voldoende verseker is, terwyl dit in werklikheid aansienlik onderverseker is. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur verduidelik waarom die herbouwaarde belangrik is, hoe onderversekering gedeeltelike eise kan beïnvloed, en waarna huiseienaars moet kyk.
28 Oct 14 min

Braai Hard vir Power of 8 000

Die tweede aflewering van Braai Hard vind Saterdag plaas ten bate van Power of 8 000. Greg Austin en Angela Kent gesels met die Middag Game Drive.
27 Oct 7 min