Terwyl Namibia Wildlife Resorts 'n wins van 68,3 miljoen Namibiese dollar vir die 2023/2024-boekjaar rapporteer, neem kommer in die parlement toe oor hoe die staatsbeheerde toerismemaatskappy bestuur word. Die IPC-skaduminister vir die omgewing en toerisme, Rodrick Likando, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering beide die bestuur se bekwaamheid en die…
Namibië se veesektor is op gereedheidsgrondslag nadat die Verenigde Koninkryk die invoer van beesvleis uit Botswana gestaak het na 'n bek-en-klouseer-uitbreking. Bedryfskundiges bevraagteken die besluit en wys op Botswana se sterk siektesoneringstelsel, veral omdat uitvoere na die Europese Unie onaangeraak bly. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner Wallie Roux gepraat:
NamPost het 'n groot ommekeer in die lewering van nasionale maatskaplike toelaes rapporteer. Na 'n reeks streeksberade in Maart, sê NamPost en die finansministerie dat nuwe maatreëls en strenger skedules ingestel is. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamPost Joseph Theofelus gepraat.
Die DA vra die minister van Minerale en Petroleum-hulpbronne, Gwede Mantashe, om deursigtig te wees oor Suid-Afrika se brandstofreserwes. Hy het die land Maandag verseker dat daar nie paniek hoef te wees oor moontlike brandstoftekorte weens die konflik in die Midde-Ooste nie. James Lorimer van die DA sê volgens wet…
Namibië verbeter sy hoëronderwysstandaarde en evalueringsdienste met die bekendstelling van die Namibiese Kwalifikasie-owerheid se nuwe Evalueringsoutomatiseringstelsel en die Nasionale Beleid oor Kwalifikasiestandaarde. Gegradueerdes kan nou registreer en gesertifiseerde dokumente direk oplaai vir evaluering via die owerheid se webwerf. Onderwysminister Sanet Steenkamp sê die nuwe beleid sal oor die volgende vyf…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.