Die Departement van Binnelandse Sake het sewe Keniaanse burgers in Johannesburg in hegtenis geneem omdat hul met toeristevisums onwettig in Suid-Afrika gewerk het. Dit volg op intelligensie-geleide operasies gemik op 'n sentrum wat vlugtelingaansoeke na Amerika verwerk. Deportasiebevele is aan die mense uitgereik en hul is vyf-jaar-lank in die land…
Nick Reiner, die jongste seun van die vermoorde Rob en Michelle Singer Reiner, het Woensdag vlugtig in 'n Los Angeles hof verskyn. Hy staan tereg op twee moordklagte, maar is nie gevra om te pleit nie en die saak is uitgestel tot 7 Januarie 2026. Volgens berigte het hy 'n…
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Dorothy Kabula, het vanmiddag geweier om 'n petisie van die United Democratic Party te ontvang. Die party wat in 2007 verban is weens sy afskeidingsagenda, wou 'n petisie indien dat die Zambezi-streek, histories bekend as die Caprivi-strook, van die res van Namibië afskei. Kabula sê…
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het sy meegevoel betuig na die moord op Warrick Stock, algemeen bekend as DJ Warras, gister in Johannesburg. McKenzie beskryf hom as 'n gerespekteerde uitsaaier en kulturele figuur wat jong talent gekoester en Suid-Afrikaanse skeppendheid gevier het. Hy glo buitelanders betrokke…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.