
Geen bouplanne goedgekeur vir ingestorte Verulam-tempel
Loading player...
Die eThekwini-munisipaliteit sê geen goedgekeurde bouplanne is ingedien vir die Verulam-tempelgebou wat in Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het nie. Twee mense is dood en drie ander is steeds vasgekeer. Reaksie-eenheid Suid-Afrika sê reddingspanne boor versigtig deur puin om oorlewendes op te spoor. Die gebou het na bewering ineengestort terwyl beton deur 'n mengvragmotor gegooi is. Burgemeester Cyril Xaba sê die voldoeningsregulasies sal nou ondersoek word:

