VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

Loading player...
Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van Prof. Jerome Loveland het hulle nie net fasiliteite opgegradeer nie, maar ook die hart van pediatriese sorg verander: van emosionele ondersteuning en kreatiewe programme tot die opleiding van die volgende generasie spesialiste. Vandag gesels ons met Prof. Loveland oor dié eerste tien jaar, die uitdagings, en die toekoms van kinderchirurgie in Suid-Afrika.
11 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

GROOTGEE - Die Hoërskool Menlopark

Vanoggend was die GROOTfm 90.5 span by Die Hoërskool Menlopark, as deel van die GROOT Gee, maar ook as deel van Mnr Kobus Hartman, Die Skoolhoof, se verjaarsdag.
28 Jul 5AM 4 min

ABC van Ouerskap: K - Karstoeltjieveiligheid

Ons is vandag by die letter K in ons ABC van Ouerskap, en K staan vir karstoeltjieveiligheid. 'n Karstoeltjie is een van die belangrikste beleggings wat ouers kan maak om hul kinders veilig te hou, maar baie stoeltjies word ongelukkig verkeerd gebruik of te vroeg verruil. René Grundlingh van The…
28 Jul 3AM 15 min

SA dansers blink uit by Dance World Cup

Suid Afrika het deel geneem aan die Dance World Cup in Dublin waar hulle 44 medaljes verower het en algeheel sesde geindig het. Die Nu Dance studio in Constantia Park was verantwoordelik vir omtrent 35 van dié medaljes. Die kinders oefen ongeveer 20 ure n week en dit het gewys as…
27 Jul 5AM 7 min

Snoete-goete: Kraanvoëlsensus

Suid-Afrika se ikoniese kraanvoëls het ons hulp nodig. Ná byna 20 jaar word die nasionale Kraanvoëlsensus weer van stapel gestuur, en dié keer kan enige Suid-Afrikaner maklik via WhatsApp deelneem. Die inisiatief sal help om beter te verstaan waar Bloukraanvoëls, Lelkraanvoel. en Mahem- of Kroonkraanvoëls voorkom, hoe hul getalle verander…
24 Jul 6AM 7 min

VERSKILMAKERS: Potter's Haven

Vir byna 30 jaar is Potter's Haven in Springs 'n veilige hawe vir babas en kinders wat mishandel, verwaarloos of verlaat is – baie van hulle met gestremdhede of spesiale behoeftes. Maar die organisasie is tans onder geweldige finansiële druk en doen 'n dringende beroep op die publiek en besighede…
23 Jul 6AM 15 min