
Swakop besig met herstelwerk voor vakansie
Loading player...
Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond sowat 10 meter diep uitgekalwe is. Dit laat kommer oor stappers se veiligheid ontstaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die munisipaliteit, Linda Mupupa, gepraat.

