
Voedselsekerheid onder die loep in Gauteng
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng se toekoms is donker as die provinsie nie dringend ingryp en optree om die toenemende landbou- en omgewingskrisis op te los nie. Die party sê die jongste jaarverslae van die departemente van Omgewingsake, en Landbou en Landelike Ontwikkeling, bevestig die omvang van die bedreiging. Jaco Mulder van die VF Plus sê met meer as 16-miljoen inwoners in ʼn hoogs verstedelikte provinsie, is voedselsekerheid noodsaaklik:

