
Mees Innoverende Skoolhoof 2025: Mev Hettie Smith (Laerskool Danie Malan)
Loading player...
Mev. Hettie Smith van Laerskool Danie Malan is onlangs as die Mees Innoverende Skoolhoof van die Jaar 2025 gekroon tydens Solidariteit Skole ondersteuningsentrum se nasionale Onnieveerder toekennings — ’n prestasie uit ’n rekordveld van 63 top-skoolhoofde. Haar werk getuig van kreatiewe leierskap, onwrikbare deursettingsvermoë en ’n diep liefde vir onderwys. Met internasionale insigte uit Nieu-Seeland en Australië, en ’n skool wat al 121 jaar uitnemende Afrikaanse onderwys bied, bring sy ’n unieke perspektief op hoe skole in Suid-Afrika kan floreer. Vandag gesels ons oor haar reis, haar innovasies en die hoopvolle stories wat ons onderwys so dringend nodig het.


