ANC op ʼn afdraand, Mashazi op ʼn catwalk en SA op ʼn misdaadlys

Loading player...
In hierdie week se KLETS "beklets" ons politiek, mode-skandes en ’n paar statistieke wat jou na jou paspport sal gryp.

Die ANC verloor blanke stemme vinniger as wat kan "Afriforum" sẽ, en daar is glo drie name in die hoed vir die volgende ANC-president. Die vraag is eenvoudig: Gaan ’n tannie die wa deur die drif kan trek, of gaan hierdie hoed nog ’n konyn uitspoeg wat niemand voor gevra het nie?

Dan kyk ons na Dr Imogen Mashazi se wardrobe. Wat presies kos een uitrusting, juwele en ’n handsak in haar wêreld terwyl die ANC nie eens salarisse kan betaal nie. Dis 'n fashion show, ’n forensic audit, en heeltemal Suid-Afrika.

Woolworths is ook terug in die kollig en nie vanweë die specials nie. Iets kook daar agter die skerms en dis nie die rotisserie hoender nie. Ons probeer ontrafel wat aangaan, maar soos gewoonlik kry ons net genoeg inligting om meer vrae te vra.

En dan, die skokkende maar nie-so-skokkende statistiek: Suid-Afrika het dit reggekry om weer onder die wêreld se top tien gevaarlikste stede te wees, en presteer beter as meeste matrieks in hul matriekeindeksamen.

Dis politiek, glam, chaos en die realiteite van lewe in die Suide van Afrika.
Hou vas aan jou panic button. Dis KLETS.
10 Dec 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min

Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/ Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie. Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n…
2 Sep 56 min

Lê Stil Sannie, Vir Volk en Vaderland

Die syfers lieg nie, maar die politici probeer darem hard. Voormalige minister van onderwys spoel haar ideologiese mond uit, en die vraag bly: wie luister nog? Intussen raak Johannesburg se skuldlas groter as die slaggate wat dit veroorsaak, en die nuwe bewind gaan 'n rekening erf wat niemand wil of…
26 Aug 1 hr 02 min

Dis Veiliger om te Sit

Hallo! Na 'n lang stilte is KLETS terug. *Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-255-dis-veiliger-om-te-sit/ Dit was vrouedag, SA was koud en Pretoria sonder krag, maar die hangover is darem verby. En Colene het intussen al meer as een stort gehad. Ons noem dit vooruitgang. STATS SA se nuutste syfers…
19 Aug 57 min

Pryse, Potholes en 'n Pending Emoji

*Video is beskikbaar op Afrikaans.Radio - https://afrikaans.radio/klets/ep-254-pryse-potholes-en-n-pending-emoji/ Kaapse huispryse klim weer, en dis nou al op 'n vlak waar jy moet begin wonder of dit regtig 'n huis is, of net 'n baie duur uitsig. Intussen is 'n Suid-Afrikaanse Protea-emoji 'n moontlikheid, en ons is klaar trots asof dit reeds…
22 Jul 1 hr 04 min