Só kan regering korrupsie help uitroei

Loading player...
Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en openbare dienste. Tog is hulle ook uniek geposisioneer om verandering te lei. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing, Graham Hopwood, gepraat.
9 Dec 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim…
10 Dec 11PM 1 min

Gibeon-boere is sat vir veediefstal

'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
10 Dec 11PM 1 min

Voedselsekerheid onder die loep in Gauteng

Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng se toekoms is donker as die provinsie nie dringend ingryp en optree om die toenemende landbou- en omgewingskrisis op te los nie. Die party sê die jongste jaarverslae van die departemente van Omgewingsake, en Landbou en Landelike Ontwikkeling, bevestig die omvang van die bedreiging. Jaco…
10 Dec 10PM 1 min

Kremlin is wêreldwye bedreiging

Die Britse minister van Buitelandse Sake, Yvette Cooper, beskuldig organisasies met Russiese bande dat hulle manipulasietegnieke gebruik om wêreldgebeure te beïnvloed. Dit sluit vals ondersoeke en inhoud uit kunsmatige intelligensie in. Brittanje het sanksies ingestel teen onder meer die sentrum vir geopolitieke kundigheid, wat deur die verregse Russiese skrywer, Aleksandr…
10 Dec 10PM 1 min