Ministerie ondersoek Sossuvlei-konsessie

Loading player...
Die konsessie in die Namib-Naukluft Nasionale Park by Sossusvlei wek steeds kommer. Operateurs sê die Farm Arbeit-kampeerterreinkonsessie, wat in 2024 aan About Africa.Co toegeken is, blyk anders te ontvou as wat die oorspronklike tender belowe het. In plaas van 'n nie-eksklusiewe pendeldiens na die Dooievlei, beweer die maatskappy nou dat geen ander operateurs dienste in die gebied mag aanbied nie, wat hulle effektief eksklusiewe beheer oor vervoer na die duine het. Maar, dit sluit blykbaar nie geregistreerde operateurs in nie omdat hulle steeds toegang het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van toerisme, Vilho Hangula, gepraat wat sê die ministerie stel ondersoek in.
9 Dec 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim…
10 Dec 11PM 1 min

Gibeon-boere is sat vir veediefstal

'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
10 Dec 11PM 1 min

Voedselsekerheid onder die loep in Gauteng

Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng se toekoms is donker as die provinsie nie dringend ingryp en optree om die toenemende landbou- en omgewingskrisis op te los nie. Die party sê die jongste jaarverslae van die departemente van Omgewingsake, en Landbou en Landelike Ontwikkeling, bevestig die omvang van die bedreiging. Jaco…
10 Dec 10PM 1 min

Kremlin is wêreldwye bedreiging

Die Britse minister van Buitelandse Sake, Yvette Cooper, beskuldig organisasies met Russiese bande dat hulle manipulasietegnieke gebruik om wêreldgebeure te beïnvloed. Dit sluit vals ondersoeke en inhoud uit kunsmatige intelligensie in. Brittanje het sanksies ingestel teen onder meer die sentrum vir geopolitieke kundigheid, wat deur die verregse Russiese skrywer, Aleksandr…
10 Dec 10PM 1 min