Thai-Kambodja grensgeskil dodetal styg

Loading player...
Die dodetal in hernude gevegte oor ʼn grensgeskil tussen Thailand en Kambodja het tot tien gestyg. Geweld het Maandag uitgebreek, minder as twee maande nadat die lande ʼn gesamentlike vredesverklaring onderteken het. Kambodja sê nog twee burgerlikes is oornag dood in bomaanvalle deur Thaise magte, wat sy sterftesyfer op sewe te staan bring. Thailand sê minstens drie van sy soldate is dood. Die woordvoerder van Thailand se ministerie van Buitelandse Sake, Nikorndej Balankura, sê Kambodja se aggressie is onregverdigbaar:
9 Dec 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop besig met herstelwerk voor vakansie

Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond…
11 Dec 12AM 1 min

Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim…
10 Dec 11PM 1 min

Gibeon-boere is sat vir veediefstal

'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
10 Dec 11PM 1 min

Voedselsekerheid onder die loep in Gauteng

Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng se toekoms is donker as die provinsie nie dringend ingryp en optree om die toenemende landbou- en omgewingskrisis op te los nie. Die party sê die jongste jaarverslae van die departemente van Omgewingsake, en Landbou en Landelike Ontwikkeling, bevestig die omvang van die bedreiging. Jaco…
10 Dec 10PM 1 min