Landmyne is 'n reuse uitdaging in Sirië

Loading player...
‘n Jaar na die val van die Assad-regime in Sirië is dit duidelik dat die omvang van landmyne baie wyer strek as wat verwag is. Die internasionale organisasie wat landmyne verwyder, HALO, se programdirekteur vir Sirië, Simon Jackson, sê hulle het meer as 1 600 ongevalle gehad as gevolg van plofbare toestelle.
9 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop besig met herstelwerk voor vakansie

Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond…
11 Dec 12AM 1 min

Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim…
10 Dec 11PM 1 min

Gibeon-boere is sat vir veediefstal

'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
10 Dec 11PM 1 min