GBV: Fokus op mans geplaas

Loading player...
Die 5de Nasionale Manskonferensie is tans aan die gang, met 'n sterk oproep aan mans om die stilte te verbreek oor die mishandeling wat baie van kleins af in die gesig staar. Dit is in ‘n poging om geslagsgeweld te bekamp en mans emosioneel te bemagtig. James Itana, uitvoerende direkteur van Regain Trust, sê vroeë ervarings van verkragting en geweld laat dikwels diep trauma wat later in skadelike gedrag kan manifesteer.
9 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swakop besig met herstelwerk voor vakansie

Met besoekers wat stadig maar seker na die kus begin stroom vir ‘n seevakansie, gaan die Swakopmund-munisipaliteit wandelpaaie op die dorp herstel wat deur branders beskadig is. Die fokus is die gedeelte naby die gewilde jetty. ‘n Houtbrug oor ‘n stormkanaal is ook beskadig, met sommige plekke waar die grond…
11 Dec 12AM 1 min

Oorstromings in Noorde is nie efundja nie

Vloedwater styg in noordelike Namibië, maar Oshakati se burgemeester en hidroloog, Leonard Hango, sê dis nie efundja nie. Na swaar reën Sondag en Maandag is paaie en huise in dele van Oshakati en Ondangwa oorstroom, wat sommige inwoners van noodsaaklike dienste afgesny het en gesinne gedwing het om te ontruim…
10 Dec 11PM 1 min

Gibeon-boere is sat vir veediefstal

'n Groep gegriefde boere het Dinsdag in Gibeon betoog teen die toestaan van borgtog aan veediefstal-beskuldigdes. Die verdagtes het na bewering 66 beeste met 'n geraamde waarde van 1,4 miljoen Namibiese dollar gesteel. Christiaan Swartbooi, 'n verteenwoordiger van die Gibeon Boerevereniging, is aan die woord.
10 Dec 11PM 1 min