Na die opsporing van 'n polio-voorval in die land verlede maand, sê die lynministerie dat geen menslike gevalle aangemeld is nie. Op 13 November is laboratoriumresultate ontvang wat die teenwoordigheid van poliovirus tipe-2 in 'n rioolmonster bevestig wat versamel is uit die Ndama-riooldam in die Rundu-distrik. Hierdie spesifieke poliovirus tipe-2…
Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en…
Die konsessie in die Namib-Naukluft Nasionale Park by Sossusvlei wek steeds kommer. Operateurs sê die Farm Arbeit-kampeerterreinkonsessie, wat in 2024 aan About Africa.Co toegeken is, blyk anders te ontvou as wat die oorspronklike tender belowe het. In plaas van 'n nie-eksklusiewe pendeldiens na die Dooievlei, beweer die maatskappy nou dat…
Die Forum for South Africa sê organisasies soos AfriForum en Solidariteit moet gestraf word omdat hulle volgens die forum leuens oor die land in Amerika versprei. Die drukgroepe wie se besoeke aan Amerika die afgelope maande opslae in die media gemaak het, word beskuldig dat hulle met buitelandse magte saamwerk…
Die Proteas se T20-kaptein, Aiden Markram, glo die reeks teen Indië is die perfekte geleentheid vir spelers om hulself te bewys, veral voor volgende jaar se Wêreldbekertoernooi. David Miller is ingesluit in die groep van 16 terwyl die snelbouler Anrich Nortjé ook na meer as 'n jaar terugkeer. Die reeks…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.