IPC vra vir sterk boodskap teen GBV

Loading player...
Die IPC sê hulle is bekommerd oor die toenemende moorde op vroue, na die wrede dood van Rachel Simasiku in Katima Mulilo, wat na bewering verskeie kere deur haar lewensmaat, Steven Naruseb, met 'n mes gesteek is. Die IPC se skaduminister vir geslagsgelykheid, Lilian Lutuhezi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat te veel sake, insluitend die moord op Juanita Karolus in Oktober, onopgelos bly en dat 'n sterk boodskap gestuur moet word.
5 Dec 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kwessie oor Rusland en verkiesing 'moet bespreek word'

Reaksie word ontvang oor 'n artikel deur 'n groep ondersoekende joernaliste op die bekroonde aanlynplatform Forbidden Stories. Daar word berig dat Rusland ten gunste van Swapo in die 2024 verkiesing ingemeng het en dat Swapo ook geld van Rusland gevra het vir sy veldtog. Intussen het die Speaker vrae hieroor…
19 Mar 10AM 1 min

Tender uit om pasiënte-rekords te beveilig: Luvindao

Die AR-beweging het kritieke infrastruktuurprobleme by die Oshakati-staatshospitaal uitgelig, waar pasiënte se mediese rekords na bewering deur waterskade, termiete, rotte en verwaarlosing vernietig word. AR-parlementslid George Kambala het vanmiddag in die parlement gesê dat dit ernstige operasionele mislukkings in die instandhouding van pasiëntgeskiedenis beklemtoon. In reaksie hierop het gesondheidminister Esperance…
19 Mar 10AM 1 min

Stories oor brandstoftekorte is fopnuus: ministerie

Berigte wat die rondtes doen dat Namibië brandstof tekorte sal ondervind met waarskuwings oor rantsoenering, is deur die energieministerie as fopnuus afgemaak. Volgens vroeë berigte deur lynminister Modestus Amutse, het die land tans drie maande se brandstof in voorraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, petroleum ekonoom in die…
19 Mar 9AM 1 min

Owerhede trap onwettige seekos-verkoper vas

Die polisie se Mariene en Omgewingseenheid, die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing en CapeNature het 'n gesamentlike operasie uitgevoer, na inligting ontvang is oor kreef wat verkoop word vanuit 'n woning in Rusthof, Strand, naby Kaapstad. Die woordvoerder, Wayne Dyason, sê beamptes het 'n inspeksie gedoen en beslag…
19 Mar 9AM 1 min

Keetmanshoop Beroepsopleidingsentrum fokus op energiesektor

Die Keetmanshoop Beroepsopleidingsentrum is vanoggend amptelik ingewy. Die sentrum is aangewys as 'n gespesialiseerde spilpunt vir die energiesektor. Die projek dateer terug na die eerste baanbrekerswerk in 2016, met 'n bedrag van 11,7 miljoen Namibiese dollar wat vir die eerste fase van die projek toegeken is, terwyl 'n verdere 103…
19 Mar 8AM 1 min