Reitan van Noorweë loop voor by Nedbank-gholfuitdaging

Loading player...
Kristoffer Reitan van Noorweë het ʼn eerste ronde van nege onder 63 aangeteken en loop voor by die Nedbank-gholfuitdaging in Noordwes. Hy is drie houe voor Marcus Armitage van Engeland, die Fransman Adrien Saddier en Jesper Svensson van Swede. Die Suid-Afrikaners, Garrick Higgo en Shaun Norris, het die eerste ronde afgesluit op vier onder. Reitan sê hy is tot dusver tevrede met sy spel:
5 Dec 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

'RNE-elemente' probeer SA se hervorming ondermyn

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku elemente in die regering van nasionale eenheid probeer om Suid-Afrika se hervormingsagenda te verswak. Dit volg op die DA wat 'n punt daarvan maak om hof toe te gaan met beleidsrigtings waarmee hulle nie saamstem nie, insluitend die Nasionale Gesondheidsversekering-finansieringsplan en swart bemagtiging. Ramaphosa sê…
14 Dec 2AM 1 min

Reddingspogings by Verulam-tempel duur voort

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het sy ondersteuning vir reddingswerkers uitgespreek nadat 'n tempel in Redcliffe, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Vier liggame is reeds herwin. Reddingsoperasies duur voort te midde van uitdagende weer en onbestendige strukture, met die primêre fokus nou om moontlike oorlewendes wat nog vasgekeer…
14 Dec 1AM 1 min

Twee dood, nege beseer in kampusskietery in VSA

Polisie in Rhode Island in Amerika soek na 'n verdagte in 'n skietery by Brown Universiteit in Providence Saterdag waarin twee mense dood en nege kritiek gewond is by dié Ivy League-skool. Talle studente was ten tye van die voorval op die kampus om eksamen te skryf. Die verdagte, ‘n…
14 Dec 12AM 1 min

Hokkie: Namibië se vroue wys staal in Nkosi-beker

Namibië se vrouehokkiespan bly onoorwonne by die Nkosi-binneshuise toernooi in Kaapstad ná hulle Nieu-Seeland Saterdagoggend met 7-3 geklop het. In hul eerste wedstryd Vrydag, het die span Zimbabwe ook met 7-3 verslaan. Die vroue durf Australië vanmiddag om drie-uur aan. Afrigter Shayne Cormack het Saterdag se kragmeting só opgesom:
13 Dec 11PM 1 min

BoN moet onafhanklik bly, sê !Gawaxab

Die uittredende goewerneur van die sentrale bank, Johannes !Gawaxab, sê sy vyf-jaar ampstermyn het gefokus op die handhawing van Namibië se buitelandse reserwes, die versterking van batetoewysing en die verskerping van die bank se beleggingsbenadering. Hy doen 'n beroep op die inkomende administrasie om die Bank van Namibië se onafhanklikheid…
13 Dec 6AM 1 min