DA sê hy sal taalregte in skole bly verdedig

Loading player...
Die DA sê hy is ongelukkig dat daar 'n doelbewuste verdraaiing was in beriggewing dat die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, voormalige Model C-skole teiken. Dit gaan oor taalbeleide in skole. Jan de Villiers van die DA sê hulle ondersteun Gwarube se bevordering van moedertaal-gebaseerde tweetalige onderwys. Hy voeg by dat die party ook die regte van skoolbeheerliggame, gelei deur ouers, ten sterkste verdedig om taalbeleid in ooreenstemming met die wet te bepaal:
4 Dec 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VF Plus waarsku steeds oor dreigende brandstoftekorte

Terwyl die departement van Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika het genoeg brandstof ten spyte van die konflik in Iran, waarsku die Vryheidsfront Plus dat briewe van verskaffers toon vulstasies sukkel om voorraad te kry. Wynand Boshoff van die party sê sommige vulstasies het geen voorrraad nie, wat vrese vir tekorte…
19 Mar 11AM 1 min

McIlroy sien uit na verdediging van Meesters-titel

Gholf: Die 36-jarige Rory McIlroy van Noord-Ierland sê hy is tevrede met sy herstel na sy rugbesering en hy sien uit om oor drie weke sy Meesters-titel as verdedigende kampioen te verdedig. Hy het by verlede jaar se Meesters sy vyfde major-titel gebuit en ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi. Slegs Tiger…
19 Mar 11AM 1 min

El Niño bevestig as op pad vanaf Junie

AMT se nuutste weervoorspelling is uit. Die droë seisoen is bevestig as El Niño vanaf Junie met 'n 62 persent waarskynlikheid, volgens die Amerikaanse Climate Prediction Centre. Die Suidelike halfrond kan hoër temperature en droë toestande verwag. Weerkenner Johan van den Berg het meer.
19 Mar 11AM 1 min

Kwessie oor Rusland en verkiesing 'moet bespreek word'

Reaksie word ontvang oor 'n artikel deur 'n groep ondersoekende joernaliste op die bekroonde aanlynplatform Forbidden Stories. Daar word berig dat Rusland ten gunste van Swapo in die 2024 verkiesing ingemeng het en dat Swapo ook geld van Rusland gevra het vir sy veldtog. Intussen het die Speaker vrae hieroor…
19 Mar 10AM 1 min