Dané maak terugkeer in reeks teen Iere

Loading player...
Die voormalige kaptein van die Protea-vrouespan, Dané van Niekerk, kan na twee-en-'n-half jaar haar terugkeer na internasionale aksie maak in môre se eerste T20 teen Ierland in Kaapstad. Sy het haar uittrede aangekondig ná 2023 se Wêreldbekertoernooi in die formaat nadat sy weens fiksheidsprobleme uitgelaat is, maar het dit onlangs omgekeer. Die 32-jarige Van Niekerk is ingesluit in die groepe vir albei witbalreekse teen die Iere. Sy glo sy het baie meer om die span te bied:
4 Dec 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vyfde liggaam gevind by ineengestorte tempel in KZN

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, sê alles moontlik word gedoen om oorlewendes na die Verulam-tempel se ineenstorting te red. Reddingspanne in Durban het 'n vyfde liggaam uit die puin herwin, ná vier liggame van mans Saterdag gevind is. Verskeie mense is volgens berigte…
14 Dec 5AM 1 min

BEE-beleidsvoorstelle moet teruggetrek word, vra parlementêre komitee

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir kommunikasie en digitale tegnologie, Khusela Sangoni Diko, het gevra vir die onmiddellike onttrekking van beleidsvoorstelle deur die minister van kommunikasie, Solly Malatsi, aan OKOSA oor breedgebaseerde swart- ekonomiese bemagtiging. Diko het aan SABC News gesê die voorstelle is onwelkom, onwettig en 'n poging…
14 Dec 4AM 1 min

SA minister maan teen G20-boikot in Amerika

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê 'n boikot van die G20 in Amerika sal eensydige besluitneming net aanmoedig. Lamola het aan SABC News gesê Washington het vanjaar reeds verskeie eensydige handelsbesluite geneem en uit mulitlaterale platforms onttrek. Hy sê Suid-Afrika en die meeste G20-lede ondersteun betrokkenheid,…
14 Dec 3AM 1 min

'RNE-elemente' probeer SA se hervorming ondermyn

President Cyril Ramaphosa het gewaarsku elemente in die regering van nasionale eenheid probeer om Suid-Afrika se hervormingsagenda te verswak. Dit volg op die DA wat 'n punt daarvan maak om hof toe te gaan met beleidsrigtings waarmee hulle nie saamstem nie, insluitend die Nasionale Gesondheidsversekering-finansieringsplan en swart bemagtiging. Ramaphosa sê…
14 Dec 2AM 1 min

Reddingspogings by Verulam-tempel duur voort

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, het sy ondersteuning vir reddingswerkers uitgespreek nadat 'n tempel in Redcliffe, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Vier liggame is reeds herwin. Reddingsoperasies duur voort te midde van uitdagende weer en onbestendige strukture, met die primêre fokus nou om moontlike oorlewendes wat nog vasgekeer…
14 Dec 1AM 1 min