Navo sê oor Oekraïne se lidmaatskap

Loading player...
Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, sê Oekraïne bly op koers om by die wêreld se grootste veiligheidsalliansie aan te sluit, maar daar is tans geen eenstemmigheid oor die saak nie. Amerika se 28-punt-vredesplan stel voor dat Navo nie verder uitbrei nie. Rusland eis dit lankal, asook dat Oekraïne nie tot die alliansie toegelaat word nie. Rutte sê voor Oekraïne as lid aanvaar word, moet al 32 bondgenote eenparig saamstem:
3 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbousektor sal swakker vertoon in 2025: BoN

Die Bank van Namibië voorspel 'n inkrimping van 4,2 persent in die landbou-, bosbou- en visserysektor in 2025, meer as die 2,7 persent afname in 2024. Dit word hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp daling in veeteelt, wat na verwagting met 22,5 persent sal sak weens kleiner kuddes en beperkte voer…
15 Dec 10AM 1 min

Uitstel van Apartheidswet-voorleggings verwelkom

Al Jama-ah het die parlement se uitstel verwelkom van die spertyd vir geskrewe voorleggings op die voorgestelde Apartheidwet tot Februarie 2026. Die wet het ten doel om Suid-Afrika se verpligtinge onder die VN Konvensie oor Apartheid af te dwing. Die partyleier Ganief Hendrick sê die proses laat groter openbare deelname…
15 Dec 10AM 1 min

Oshana-polisie se feestyd-patrollies reeds op dreef

Die Oshana-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê die streek het begin met sy feestyd-patrollies oor alle dorpe en stede. Sakaria sê dat 'n bykomende 142 polisiebeamptes ontplooi is om polisiesigbaarheid oor die streek se stedelike en landelike gebiede te versterk. Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Dec 9AM 1 min

Namibië vorder puik met bekamping van finansiële misdade

Die Finansiële Intelligensiesentrum het voortgesette vordering in Namibië se pogings om geldwassery en finansiële misdaad te bekamp gerapporteer, soos weerspieël in die 2025 Basel Teengeldwassery- en Finansiële Misdaadrisiko-indeks. Die beter vertoning beklemtoon die land se versterkte verdedigingsmaatreëls en sy verbintenis tot die beskerming van die integriteit van die finansiële stelsel,…
15 Dec 9AM 1 min