Pomp-diefstal: Landbou sê sy hande is afgekap

Loading player...
Die landbouministerie sê sy hande is afgekap wat die toenemende diefstal van waterpompe betref, aangesien die sake nou in die hande van die polisie is. Dit is te midde van berigte dat ses waterpompe in 72 uur gesteel is op plase in die Kunene-streek. Woordvoerder Simon Nghipandulwa het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus bewerings verwerp dat die items moontlik aan kontrakteurs verkoop kan word wat deur die regering aangestel is om boorgate vir die staat te installeer.
2 Dec 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbousektor sal swakker vertoon in 2025: BoN

Die Bank van Namibië voorspel 'n inkrimping van 4,2 persent in die landbou-, bosbou- en visserysektor in 2025, meer as die 2,7 persent afname in 2024. Dit word hoofsaaklik gedryf deur 'n skerp daling in veeteelt, wat na verwagting met 22,5 persent sal sak weens kleiner kuddes en beperkte voer…
15 Dec 10AM 1 min

Uitstel van Apartheidswet-voorleggings verwelkom

Al Jama-ah het die parlement se uitstel verwelkom van die spertyd vir geskrewe voorleggings op die voorgestelde Apartheidwet tot Februarie 2026. Die wet het ten doel om Suid-Afrika se verpligtinge onder die VN Konvensie oor Apartheid af te dwing. Die partyleier Ganief Hendrick sê die proses laat groter openbare deelname…
15 Dec 10AM 1 min

Oshana-polisie se feestyd-patrollies reeds op dreef

Die Oshana-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria, sê die streek het begin met sy feestyd-patrollies oor alle dorpe en stede. Sakaria sê dat 'n bykomende 142 polisiebeamptes ontplooi is om polisiesigbaarheid oor die streek se stedelike en landelike gebiede te versterk. Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Dec 9AM 1 min

Namibië vorder puik met bekamping van finansiële misdade

Die Finansiële Intelligensiesentrum het voortgesette vordering in Namibië se pogings om geldwassery en finansiële misdaad te bekamp gerapporteer, soos weerspieël in die 2025 Basel Teengeldwassery- en Finansiële Misdaadrisiko-indeks. Die beter vertoning beklemtoon die land se versterkte verdedigingsmaatreëls en sy verbintenis tot die beskerming van die integriteit van die finansiële stelsel,…
15 Dec 9AM 1 min