Pomp-diefstal: Landbou sê sy hande is afgekap

Loading player...
Die landbouministerie sê sy hande is afgekap wat die toenemende diefstal van waterpompe betref, aangesien die sake nou in die hande van die polisie is. Dit is te midde van berigte dat ses waterpompe in 72 uur gesteel is op plase in die Kunene-streek. Woordvoerder Simon Nghipandulwa het in gesprek met Kosmos 94.1 Nuus bewerings verwerp dat die items moontlik aan kontrakteurs verkoop kan word wat deur die regering aangestel is om boorgate vir die staat te installeer.
2 Dec 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VF Plus waarsku steeds oor dreigende brandstoftekorte

Terwyl die departement van Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika het genoeg brandstof ten spyte van die konflik in Iran, waarsku die Vryheidsfront Plus dat briewe van verskaffers toon vulstasies sukkel om voorraad te kry. Wynand Boshoff van die party sê sommige vulstasies het geen voorrraad nie, wat vrese vir tekorte…
19 Mar 11AM 1 min

McIlroy sien uit na verdediging van Meesters-titel

Gholf: Die 36-jarige Rory McIlroy van Noord-Ierland sê hy is tevrede met sy herstel na sy rugbesering en hy sien uit om oor drie weke sy Meesters-titel as verdedigende kampioen te verdedig. Hy het by verlede jaar se Meesters sy vyfde major-titel gebuit en ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi. Slegs Tiger…
19 Mar 11AM 1 min

El Niño bevestig as op pad vanaf Junie

AMT se nuutste weervoorspelling is uit. Die droë seisoen is bevestig as El Niño vanaf Junie met 'n 62 persent waarskynlikheid, volgens die Amerikaanse Climate Prediction Centre. Die Suidelike halfrond kan hoër temperature en droë toestande verwag. Weerkenner Johan van den Berg het meer.
19 Mar 11AM 1 min

Kwessie oor Rusland en verkiesing 'moet bespreek word'

Reaksie word ontvang oor 'n artikel deur 'n groep ondersoekende joernaliste op die bekroonde aanlynplatform Forbidden Stories. Daar word berig dat Rusland ten gunste van Swapo in die 2024 verkiesing ingemeng het en dat Swapo ook geld van Rusland gevra het vir sy veldtog. Intussen het die Speaker vrae hieroor…
19 Mar 10AM 1 min