Nuwe instituut wil beleggingsbeleid takel

Loading player...
Die beleidslandskap in Namibië het die afgelope paar jaar verdor en beleggings, wat broodnodig is vir werkskepping, laat verwelk. Die nuutgestigde Namibiese Instituut vir Ekonomiese Beleid, oftewel NIEP, gaan deur datagedrewe navorsing ‘n aktiewe rol in die ontleding van en debatvoering oor regeringsbeleid speel om sodoende beleidsrigtings te ondersteun en te dryf wat huishoudelike inkomste en werkskepping verhoog. Ekonoom Rowland Brown, medestigter van NIEP, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
2 Dec 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kubayi sê maatreëls teen korrupsie is versterk in SA

Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika het albei siklusse van die Instellingshersieningsmeganisme suksesvol afgehandel. Sy het die 11de sitting van die Konferensie vir Staatspartye van die Verenigde Nasies se konvensie teen korrupsie in Doha, Katar, toegespreek. Kubayi sê verskeie maatreëls soos wetgewing, nasionale teenkorrupsie-strategie, en…
18 Dec 3AM 1 min

Trump sing sy lofliedere tydens Kerstoespraak

President Donald Trump sê Amerika is op die rand van ʼn ekonomiese oplewing soos die wêreld nog nooit voorheen beleef het nie. September se ekonomiese data toon Amerika se inflasiekoers staan die eerste keer sedert Januarie op drie-persent, terwyl verbruikersvertroue die laagste is sedert April. Trump het in die Withuis…
18 Dec 3AM 1 min

AfDB se N$33 miljard sal op infrastruktuur bestee word

Die Afrika-ontwikkelingsbank het 'n lening van 33 miljard Namibiese dollar aan Namibië goedgekeur wat tussen 2025 en 2030 benut sal word. Die finansministerie sê die lening is goedgekeur onder die Namibië-landstrategiedokument, waardeur die land projekte indien wat binne vyf jaar befonds kan word. Die woordvoerder van die ministerie, Johnathan Swartz,…
18 Dec 2AM 1 min

Steenkoolmyn by Kruger van die tafel af

AfriForum sê die voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin is teruggetrek na jare se openbare teenkanting. Die omgewingsbeoordeling, mynregte, afvalbestuur en watergebruiksaansoeke deur Tenbosch Mining is almal beëindig. Marais de Vaal van AfriForum doen 'n beroep op die regering om strenger toesig te verseker vir toekomstige mynbou-aansoeke…
18 Dec 2AM 1 min

SAOG sal betrokke raak by Madagaskar

President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het sy betrokkenheid herbevestig om aktief betrokke te bly by die politike en veiligheidsituasie in Madagaskar totdat die verkose regering deur die verkiesingproses ingestel is. Hy was Woensdag in sy amp as waarnemende voorsitter, die voorsitter in die Buitengewone Beraad van die SAOG…
18 Dec 1AM 1 min