Withuis sê VSA was in sy regte om oorlewendes te dood

Loading player...
Die Withuis het admiraal Frank Bradley verdedig wat volgens berigte in September opdrag gegee het vir ʼn opvolgaanval op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmboot waarin oorlewendes ook dood is. Die minister van Verdediging, Pete Hegseth, het onder skoot gekom nadat hy volgens berigte opdrag gegee het dat almal aan boord uitgewis word. Elf mense is dood en die opvolg-aanval is volgens berigte uitgevoer nadat twee mense die eerste aanval oorleef het. Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, sê die tweede aanval was wettig en uit selfverdediging:
2 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VF Plus waarsku steeds oor dreigende brandstoftekorte

Terwyl die departement van Minerale en Petroleumbronne sê Suid-Afrika het genoeg brandstof ten spyte van die konflik in Iran, waarsku die Vryheidsfront Plus dat briewe van verskaffers toon vulstasies sukkel om voorraad te kry. Wynand Boshoff van die party sê sommige vulstasies het geen voorrraad nie, wat vrese vir tekorte…
19 Mar 11AM 1 min

McIlroy sien uit na verdediging van Meesters-titel

Gholf: Die 36-jarige Rory McIlroy van Noord-Ierland sê hy is tevrede met sy herstel na sy rugbesering en hy sien uit om oor drie weke sy Meesters-titel as verdedigende kampioen te verdedig. Hy het by verlede jaar se Meesters sy vyfde major-titel gebuit en ʼn loopbaan-Grand Slam voltooi. Slegs Tiger…
19 Mar 11AM 1 min

El Niño bevestig as op pad vanaf Junie

AMT se nuutste weervoorspelling is uit. Die droë seisoen is bevestig as El Niño vanaf Junie met 'n 62 persent waarskynlikheid, volgens die Amerikaanse Climate Prediction Centre. Die Suidelike halfrond kan hoër temperature en droë toestande verwag. Weerkenner Johan van den Berg het meer.
19 Mar 11AM 1 min

Kwessie oor Rusland en verkiesing 'moet bespreek word'

Reaksie word ontvang oor 'n artikel deur 'n groep ondersoekende joernaliste op die bekroonde aanlynplatform Forbidden Stories. Daar word berig dat Rusland ten gunste van Swapo in die 2024 verkiesing ingemeng het en dat Swapo ook geld van Rusland gevra het vir sy veldtog. Intussen het die Speaker vrae hieroor…
19 Mar 10AM 1 min