Left Sleeve kom inspireer en motiveer

Loading player...
Left Sleeve is ’n woordsmid, sosiale media-inhoudskepper en motiveringsspreker met 'n onglooflike storie van verslawing en sy pad na herstel. Sy stories is deurdrenk met dankbaarheid, omgee en die waardes wat hy by sy ouers geleer het. Hy gebruik sy eie lewe – die seer én die oorwinnings – om ander te inspireer. Hy het sy storie met Sarina kom deel en sommer regstreeks vir ons kom dig!
19 Nov 8AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van…
11 Dec 4AM 8 min

Mees Innoverende Skoolhoof 2025: Mev Hettie Smith (Laerskool Danie Malan)

Mev. Hettie Smith van Laerskool Danie Malan is onlangs as die Mees Innoverende Skoolhoof van die Jaar 2025 gekroon tydens Solidariteit Skole ondersteuningsentrum se nasionale Onnieveerder toekennings — ’n prestasie uit ’n rekordveld van 63 top-skoolhoofde. Haar werk getuig van kreatiewe leierskap, onwrikbare deursettingsvermoë en ’n diep liefde vir onderwys…
10 Dec 7AM 12 min

Snoete-goete: Paddas

Dis somer in Pretoria, en jy hoor hulle al van ’n myl af – daardie kenmerkende kroooaak wat jou laat weet die paddas is wakker en besig! Vandag gesels ek met Willie Landman, natuurliefhebber en paddakenner van die Noordwes Universiteit oor hoekom Pretoria se tuine en dammetjies sulke gewilde kuierplekke…
5 Dec 5AM 12 min

VERSKILMAKERS: Die GROOT Kersboom

Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer gee die grootste geskenk van almal word. By Castle Gate se ikoniese GROOT Kersboom bring GROOTfm 90.5 en die Worth It Foundation mense saam om ’n werklike verskil te maak. Van 17 November tot 13 Desember kan jy klere, skryfbehoeftes en blikkieskos…
4 Dec 3AM 17 min