Snoete-goete: Kameelperdnavorsingsfasiliteit geopen

Loading player...
Die Universiteit van die Vrystaat het pas geskiedenis gemaak met die opening van die wêreld se eerste Kameelperd-navorsingsfasiliteit by Amanzi Privaat Wildreservaat naby Bloemfontein. Onder leiding van Prof. Francois Deacon, ’n ware kampvegter vir die bewaring van kameelperde, gaan hierdie sentrum help om die diere beter te verstaan en te beskerm. Met die steun van Save the Giraffes, Absolute Genetics en die Kroonstad Dierehospitaal is dit ’n groot stap vorentoe vir kameelperdbewaring — en vir Suid-Afrikaanse wetenskap.
17 Nov 2025 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Hoe veilig is Pretoria se water?

Die Stad Tshwane het alternatiewe watervoorsiening vir die Pretoria-middestad en omliggende gebiede in werking gestel. Dit volg nadat watergehalte-toetse mikrobiologiese besoedeling in water uit die Findlay-reservoir opgespoor het. Die besoedeling is opgemerk nadat 'n rioolpyp gebars en tot verhoogde mikrobiese voorkoms in die bestaande chloorvlakke gelei het. Onafhanklike waterkenner, Francois…
23 Oct 5AM 15 min

Snoete-goete: Ken jy al hierdie "luiperd"-spesies?

Het jy geweet Suid-Afrika het heelwat “luiperds” wat glad nie groot katte is nie? Van skoenlappers en motte tot paddas, skilpaaie, plante en selfs seediere – talle spesies dra die naam vanweë hul kenmerkende kolle of patrone. Die Cape Leopard Trust het onlangs hierdie interessante deel van ons land se…
23 Oct 4AM 9 min

VERSKILMALKERS: Heartfelt Foods

Kos op die tafel gaan oor veel meer as net voeding – dit gaan oor waardigheid, hoop en volhoubare oplossings. Heartfelt Foods, die voedingsprogramtak van Food Sock Meals wat deur Carl van Blerk gestig is, het uit voedselhulpwerk tydens die COVID-19-pandemie ontstaan. Vandag help hulle om voedsame, bekostigbare en maklik…
22 Oct 5AM 19 min

SA een van die lande wat die meeste Bybel lees!

YouVersion, die skepper van die wêreld se gewildste Bybeltoepassing, het vroeër vanjaar ’n plaaslike spilpunt in Suid-Afrika gevestig om Bybelbetrokkenheid in Afrika verder uit te brei. Met meer as 30 miljoen downloads van YouVersion se Bybeltoepassings in Suid-Afrika, tel ons land onder die top vyf lande ter wêreld wat daaglikse…
21 Oct 6AM 8 min

ABC van Ouerskap: V - Verlies

In die ABC van Ouerskap fokus ons vandag op die V vir Verlies – spesifiek kind- en swangerskapsverlies. Dit is ’n onderwerp waaroor daar dikwels min gepraat word, maar vir ’n ouer kan die verlies van ’n baba of kind ’n diep en langdurige impak hê. Kliniese sielkundige, Dr Mia…
20 Oct 5AM 11 min