Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgers te beskerm teen geweldige brandstofprysstygings vanaf volgende maand. Petrol sal na verwagting met R5,41 per liter styg en diesel met R8,84 per liter. Matthew Parks van Cosatu waarsku hierdie stygings, wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak word, sal werkers…
President Cyril Ramaphosa sê die oorhandiging van titelaktes wat 18 000 hektaar grond dek, dui op vordering in die herstel van waardigheid en geregtigheid. Ramaphosa het tydens die geleentheid in Umzimkhulu, KwaZulu-Natal, gesê die 2 800 begunstigdes, insluitend honderde huishoudings met vroue as hoof, besit nou voorvaderlike grond. Ramaphosa het…
Die Forum for South Africa het die regering se poging om die publiek gerus te stel oor brandstofvoorsiening verwerp as niks meer as 'n versigtig bewoorde poging om 'n groeiende nasionale krisis te verbloem nie. Fosa-leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners is nie naïef nie. Hy sê die feite skets 'n…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.