
Korrupsie is verraad, sê NNN
Loading player...
Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.

