VSA oorweeg 10% minder vlugte by 40 groot lughawens

Loading player...
Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê die Federale Lugvaartadministrasie gaan die vlug-vermoë na 40 belangrike lughawens reg oor die land met 10-persent verminder. Dis weens die regerings-afsluiting wat personeeltekorte in lugverkeerbeheer veroorsaak. Die beperking tree môre in werking. Die kansellasies kan daagliks tussen 3 500 en 4 000 vlugte raak. Duffy sê hulle het die besluit geneem om veiligheid en doeltreffendheid te handhaaf:
6 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS: Meer as 121 000 inentings reeds in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie se gekoördineerde bek-en-klouseer-reaksieplan is verder versterk met die aankoms van nog 8 000 entstofdosisse in die provinsie. Hy sê dit sal die 100 000 dosisse wat die provinsie verlede week ontvang het, aanvul, wat die totale getal wat tot dusver ontvang is…
22 Mar 1AM 1 min

Korrupsie is verraad, sê NNN

Korrupsie is een van die grootste bedreigings vir nasiebou in Namibië, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. In haar boodskap ter viering van die land se 36ste onafhanklikheidsjaar, het Nandi-Ndaitwah gesê korrupsie is verraad en diegene wat hulle daaraan skuldig maak, moet aanspreeklik gehou word.
22 Mar 12AM 1 min

Brandstof gaan werkers laat bloei, maan vakbond

Die vakbondfederasie Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgers te beskerm teen geweldige brandstofprysstygings vanaf volgende maand. Petrol sal na verwagting met R5,41 per liter styg en diesel met R8,84 per liter. Matthew Parks van Cosatu waarsku hierdie stygings, wat deur die Midde-Oosterse konflik veroorsaak word, sal werkers…
21 Mar 7AM 1 min

Duisende in SA kry voorvaderlike grond terug

President Cyril Ramaphosa sê die oorhandiging van titelaktes wat 18 000 hektaar grond dek, dui op vordering in die herstel van waardigheid en geregtigheid. Ramaphosa het tydens die geleentheid in Umzimkhulu, KwaZulu-Natal, gesê die 2 800 begunstigdes, insluitend honderde huishoudings met vroue as hoof, besit nou voorvaderlike grond. Ramaphosa het…
21 Mar 5AM 1 min

Fosa: Regering verbloem brandstofkrisis

Die Forum for South Africa het die regering se poging om die publiek gerus te stel oor brandstofvoorsiening verwerp as niks meer as 'n versigtig bewoorde poging om 'n groeiende nasionale krisis te verbloem nie. Fosa-leier Tebogo Mashilompane sê Suid-Afrikaners is nie naïef nie. Hy sê die feite skets 'n…
21 Mar 5AM 1 min